Gangesdal

Die Ganges-Brahmaputra-Meghna opvanggebiede.

Die Gangesdal is een van die digs bevolkte streke ter wêreld. Dit beslaan sowat 10% van die totale oppervlakte van Indië. 'n Derde van Indië se bevolking van meer as 650 miljoen woon hier en die helfte van Indië se groot stede is in die gebied geleë.

Die Gangesrivier is die gebied se belangrikste waterbron en is nie net van groot ekonomiese belang nie, maar neem ook ʼn belangrike plek in die godsdienslewe van die Hindoes in. Miljoene pelgrims trek jaarliks op die oewer van die Ganges saam.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search